
Die veertiende Woordfees van die Universiteit Stellenbosch vind plaas van 1 tot 10 Maart 2013. Oor die feestema “hemels” sê prof. Dorothea van Zyl, feesdirekteur: “Die skrywers en kunstenaars is die sterre aan ons firmament – wat ons saam met ons lojale donateurs en ondersteuners wil ophemel en vir wie ons hemel en aarde sal versit.”Die hoofdonateurs van die US Woordfees is die Universiteit van Stellenbosch, Die Burger, Sanlam (Musiekfees), ATKV en Die Dagbreek Trust. Volgens dr. Johan van Zyl, Sanlam se uitvoerende hoof, sien hy baie uit na dié fees der feeste: “Te oordeel aan die sukses wat die Woordfees die afgelope 13 jaar behaal het, vertrou mens dat die paar dae in Maart elke jaar ʼn stukkie hemel op aarde is.





















