
Die Greyton Genadendal “Classics for All”-fees word vanjaar vanaf 1- 3 Junie 2012 weer op dié buurdorpeaangebied. Van die talle kunstenaars wat optree is die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, soprane Minette du Toit-Pearce, Zanne Stapelberg en Vanessa Tait-Jones, die bariton, Federico Freschi, ’n blaasensemble, Carin Bam, Brandon Philips, Caroline Prozesky en Daniël Prozesky, en top pianiste Philippus Hugo, Willem van Schalkwyk, Stefan Lombard en Jose Dias. Vir die jongspan is daar ’n konsert deur Cool Classics Kidz en die Masidlale-musiekprojek van die Kaapse Filharmoniese Orkes. Vir verdere inspirasie tree die Kaapse Simfonie Jeugorkes ook

















