Alles in Afrikaans

Die Burger Proefees

Wyn op Tygervalley

  Die Burger Proefees sal vanjaar op Vrydag 27 en Saterdag 28 Julie by die Tygervalleisentrum in Bellville aangebied word. Die Proefees beleef vanjaar ‘n opwindende herlewing met topgehalte wyn-uitstallers, ‘n ruim nuwe venue in die sentrum waar die funksie aangebied word, en ekstra sorg met die beplanning sodat elke aspek van die proefees vir ‘n aangename ervaring sal sorg. Die wynfees word gehou in die sentrum se nuut opgeknapte arena – ‘n groot oop fokuspunt net onder die kos-wandelhal en restaurante. Vanjaar kan besoekers uitsien na ‘n nuwe element by die fees met lewende musiek, kosstalletjies waaronder C-Side Oysters en Redies Chinese Restaurant & Sushi Bar, en sithoekies