
Jy hoef nie die laaste paar sente uit jou spaarvarkie te skud om die Absa KKNK vanjaar te geniet nie. Daar is verskeie konserte en programme wat feesgangers gratis kan bywoon, om nie eers te praat van die straatfees in Baron van Reedestraat en die 20 besonderse kunsuitstallings nie. Gratis feesplesier sluit die volgende in: RYMKLETS van OOS tot WES Hip-hop aanhangers kan hul lywe kom skud by die gratis konsert RYMKLETS van OOS tot WES. Van die beste rymklets-kunstenaars kom wys hul hip-hop vernuf. Gewilde name soos Hemelbesem, die youtube-sensasie en karwag Alan, die MC's Earl en Agemi, asook die plaaslike gunstelinge Meli Grey & Gino sal te sien wees. Donderdag 4 April om 18:00 by Die Vredestraat
























